Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Agricola praat oor die wese van die siel

[6.218.1] (Die Romein:) 'Kyk, die siel as geestelike substansie, is heeltemal mens, sowel wat betref gedaante asook wat betref alle ledemate en bestanddele van die liggaam! En as dit nie so sou gewees het nie, kon sy ook nie van haar liggaam so volmaak moontlik gebruik gemaak het nie. Die hande van die siel bevind haar in die hande van die liggaam, haar voete in die voete van die liggaam, en so verder alle dele van die siel in die ooreenkomstige deel van die liggaam. Word die liggaam êrens siek, dan is die siel ook in die siek liggaamsdele aanwesig en span haar baie in om dit weer gesond te maak. Slaag sy nie, dan word sy daarin passief en die gevolg daarvan is dat so `n liggaamsdeel heeltemal verlam, bykans gevoelloos en dus onaktief skyn te word. Dit is `n goeie en korrekte leer van alle ou en ook nuwe sielkundiges. Maar nou vra jy jou af hoe die geleerdes agter die geheim gekom het. Die vraag is baie maklik te beantwoord.

[6.218.2] Allereers kom iemand wat nugter dink met sy verstand daarop af; want as die siel heeltemal die eintlike lewensbeginsel in alle dele van die mens is, dan moet sy ook in alle dele van die liggaam aanwesig wees, omdat die bepaalde deel van die liggaam andersins sekerlik geen lewe sou bevat het nie en op gelyke wyse net so dood sou gewees het as wat die hele liggaam dood is sodra die siel dit verlaat het. Omdat die hele liggaam dus aktief is, moet ook die siel, as oorsaak van die lewensaksie, deur die hele liggaam verspreid wees. En dus is die siel al net volgens die logiese denke van `n suiwer en gesonde mens, ongetwyfeld heeltemal mens in geestelike stof en het haar basis - nota bene - in die hele liggaam.

[6.218.3] Iemand sou egter daarteen kon inbring: 'Ja, dit klink baie goed, maar waar is die tasbare bewyse daarvoor, wat as enige houbare getuie kan dien vir die volle waarheid van die verstandelike redenering?'

Desktop Kommentaar