Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[6.217.6] Die Romein sê: 'O ja! Die lied is vanweë sy sterk poëtiese karakter en mistiek reeds vir lank baie geliefd by my. Ek verstaan tot op hede nie die diep sin daarvan volledig nie, maar omdat ek Hom nou gevind het op Wie dit uitsluitend van toepassing is, verseker ek julle dat daar geen vers in voorkom wat vir my nie so duidelik is as die son op die middel van `n onbewolkte dag nie. As julle dit aangenaam vind, wil ek vir julle hier, waar al die volk by is, dadelik `n voorbeeld daarvan gee dat ek die lied nou goed verstaan.'

[6.217.7] Toe dink die Skrifgeleerde dat hy die Romein liewer nie verder daaroor moet uitvra nie, want hy het goed gemerk dat die Romein alles baie sinvol op My en My leer betrek, wat tog die nuwe gemeente (kerk) is wat in My haar gesogte vriend gevind het, en My uitgenooi het as gas van die liefde en die lewe.

[6.217.8] Daarom sê die Skrifgeleerde: 'Ons sien al dat ook hierdie vraag `n mislukking is en verklaar dit vrywillig as verlore. Maar omdat ons u tog iets moet vra, wil ons u `n ander vraag stel en dit word dus die vierde vraag.

[6.217.9] Wat is die siel van die mens, en waar bevind sy haarself in die liggaam? - Dit is tog sekerlik `n baie behoorlike vraag waarteen niks ingebring kan word nie!'

[6.217.10] Die Romein sê: 'O, beslis niks, en ek sal haar ook volgens die sielkunde en volgens my eie ondervinding baie akkuraat en volledig volgens waarheid beantwoord, alhoewel ek maar al te goed weet dat geeneen van julle weet wat die siel is en waar sy in die liggaam woon nie!'

Desktop Kommentaar