Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Die Romein sê: 'O ja! Die lied is vanweë sy sterk poëtiese karakter en mistiek reeds vir lank baie geliefd by my. Ek verstaan tot op hede nie die diep sin daarvan volledig nie, maar omdat ek Hom nou gevind het op Wie dit uitsluitend van toepassing is, verseker ek julle dat daar geen vers in voorkom wat vir my nie so duidelik is as die son op die middel van `n onbewolkte dag nie. As julle dit aangenaam vind, wil ek vir julle hier, waar al die volk by is, dadelik `n voorbeeld daarvan gee dat ek die lied nou goed verstaan.' – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6, Hoofstuk 217, Paragraaf 6

Desktop Kommentaar