Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[6.1.8] Ons herbergier het hom baie daaroor opgewen en het hierdie handelwyse as `n gemene, onregverdige saak bestempel. Ook het hy My aandag gevestig op `n arme bejaarde man, wat alreeds agt-en-dertig jaar op genesing gewag het (Johannes 5:5) sonder dat so `n op geld belustige verpleër ook maar daaraan gedink het om hom na soveel jaar eindelik eerste na die bewegende water te bring.

[6.1.9] Daardeur is Ek natuurlik baie getref en EK sê aan die herbergier: “Hoewel dit vandag Sabbat is, moet hierdie man tog dadelik gehelp word!”

[6.1.10] Omdat Ek ten eerste Self geweet het en ook van die opregte herbergier gehoor het, wat hierdie man se toestand was, het Ek dadelik na hom toe gegaan en gevra: “Wil jy gesond word?” (Johannes 5, 6)

Desktop Kommentaar