Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[6.1.10] Omdat Ek ten eerste Self geweet het en ook van die opregte herbergier gehoor het, wat hierdie man se toestand was, het Ek dadelik na hom toe gegaan en gevra: “Wil jy gesond word?” (Johannes 5, 6)

[6.1.11] Daarop het DIE SIEKE met `n treurige gesig geantwoord: “Goeie Heer! Ek het niemand wat my eerste in die bad kan bring as die water in beweging kom nie en as ek self gaan, gaan `n ander wat begunstig is, vóór my in die water in. (Johannes 5:7) Hoe kan ek dan ooit gesond word?!”

[6.1.12] Toe sê EK: “Staan dan op, neem jou bed op en gaan terug na waar jy vandaan gekom het!” (Johannes 5:8)

[6.1.13] En dadelik het die sieke gesond geword, sy skamele bed opgeneem en soos wat gebruiklik was, na `n priester gegaan, om hom te laat sien dat hy genees was en dit nog wel op `n Sabbat, hoewel jarelange ervaring geleer het dat die water dan byna nooit beweeg is nie. (Johannes 5:9) Daarom het dit die Judeërs dadelik opgeval dat hierdie man op `n Sabbat gesond geword het.

[6.1.14] Oor sy genesing sou hulle (DIE JUDEËRS) nie soveel gesê het nie, maar dat hy op die Sabbat sy bed gedra het, was vir hulle wel `n groot misstap en hulle sê: “Dit is vandag Sabbat en dan is dit nie gepas om `n bed te dra nie!” (Johannes 5:10; Ex. 20:10; Jer. 17:21-22)

[6.1.15] Hy (DIE GENEESDE MAN) het egter geantwoord: “Luister! Hy wat my gesond gemaak het, het ook aan my gesê: “Neem jou bed op en gaan heen!” (Johannes 5:11) Iemand wat so `n mag het en so `n weldaad aan my bewys het, het ek ook op hierdie Sabbat gehoorsaam! Want `n volle agt-en-dertig jaar lank het niemand so `n weldaad aan my bewys as hierdie man nie! Waarom sou ek Hom dan ook nie op die Sabbat gehoorsaam nie?!”

[6.1.16] Toe vra DIE JUDEËRS hom: “Wie is dan die man wat vandag op `n Sabbat aan jou gesê het: Neem jou bed op en gaan heen!?” (Johannes 5:12)

[6.1.17] Die geneesde man aan wie dit gevra is, het egter nie geweet wie Ek was en hoe Ek geheet het nie. Hy kon My ook nie uitwys nie, omdat Ek die plek vinnig verlaat het, vanweë die talle mense wat daar versamel was. (Johannes 5:13)

Desktop Kommentaar