Die Groot Johannes Evangelie |
[6.1.10] Omdat Ek ten eerste Self geweet het en ook van die opregte herbergier gehoor het, wat hierdie man se toestand was, het Ek dadelik na hom toe gegaan en gevra: “Wil jy gesond word?” (Johannes 5, 6) [6.1.11] Daarop het DIE SIEKE met `n treurige gesig geantwoord: “Goeie Heer! Ek het niemand wat my eerste in die bad kan bring as die water in beweging kom nie en as ek self gaan, gaan `n ander wat begunstig is, vóór my in die water in. (Johannes 5:7) Hoe kan ek dan ooit gesond word?!” [6.1.12] Toe sê EK: “Staan dan op, neem jou bed op en gaan terug na waar jy vandaan gekom het!” (Johannes 5:8) |
Desktop Kommentaar | |