Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[5.211.8] Hier het julle `n koringkorrel. Lê hom in die aarde! Hy sal verrot en as dit wat hy nou is, onmiskenbaar vergaan; maar uit die ontbinding sal julle `n halm sien groei en daarbo sal `n aar ontwikkel, voorsien van `n honderd korrels. Maar wie van julle sien nou die krag in hierdie korrel wat egter tog daarin moet sit, omdat daar andersins uit hierdie een korrel nie `n aar met honderd korrels van dieselfde soort sou kon voortkom nie?

[5.211.9] En nou het ons 100 korrels wat ons ook in die aarde gaan lê! Hieruit kry ons dan al 100 are, elk met 100 korrels, dus alles bymekaar 10.000 korrels. En sien, die 10.000 korrels, die 100 halms en are, moet ook al geestelik in die een korrel aanwesig gewees het, soos wat hierdie korrel self al inbegrepe moes gewees het in die een korrel wat as eerste uit God se hand in `n vrugbare voor van hierdie aarde geval het, omdat `n mens hom andersins nie kan voorstel dat voortplanting moontlik kan wees nie. Julle het hier opnuut `n bewys van hoe iets selfs oneindig en ewig in één so `n korrel aanwesig is.

[5.211.10] Julle dink nou weliswaar by julleself: “Ja, dit is wel met `n korrel die geval wat weer as saad in die aarde gesaai gaan geword; maar wat gebeur daar met die korrels wat tot meel gemaal word, en dan as brood deur mense of ook deur diere geëet word?' Ek sê vir julle: Waarlik, die korrels is nog beter daaraan toe; want daardeur gaan hulle al in `n meer volkome lewe oor, waarin hulle hulleself dan soos `n geïntegreerde deel van `n hoër lewe netso, en nog meer egter in homself, in tallose idees en lewendige begripsvorms kan vermenigvuldig; slegs die baie materiële kaf word as uitwerpsel uitgeskei, waardeur dit dan egter ook tot `n meer edel vrugbare humus van die aarde word, waaruit die kiemgees in die verskillende saadkorrels vorm en die onsterflikheid aantrek. Wat daar egter met die strooi en die kaf van die plante gebeur, gebeur op `n nog baie edeler manier met die vleeslike liggaam van die mens.

Desktop Kommentaar