Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Jarah, wat intussen met Rafael in gesprek was, sê: "Liewe, geëerde koningin, wees lief vir my soos wat ek vir jou lief is, - meer is nie nodig nie! Wat alle skatte van die wêreldse vir my beteken, dit weet jy in elk geval en het dit vantevore ook heel wys uitgespreek. As dit werklik nodig was dat ons mekaar deur middel van growwe, stoflike, skatte tegemoet moes kom, dan sou ek vir jou beslis baie groter skatte kan gee as jy vir my. Maar wat is al hierdie wêreldse prag vergeleke met die kleinste vonkie van die ware, lewende liefde tot God in ons hart!? Vriendin, daardie juweel moet ons suinig in ons hart bewaar, behoed en versorg, om dit nie van ons te vervreem nie! As die prag, die reinheid en die lewensintensiwiteit daarvan altyd in ons toeneem, besit ons meer as wat alle hemele kan bevat! - Verstaan u dit?" – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 3, Hoofstuk 123, Paragraaf 17

Desktop Kommentaar