Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Hoofstuk 123

Jarah se wysheid

[3.123.1] Mathael sê: "O, jy kleine Jarah! Kyk net, daardie wysheid sou ek, by die hemel, nie in jou vlees gesoek het nie! Baie mooi so, my liefste van Genesáret, maar nou sou ek wel graag van jou wou weet hoe jy eintlik bid!"

[3.123.2] Jarah sê: "Ek verplaas my met al my gedagtes en gevoelens in die diepste van my hart, waar God se liefde woon. Daardeur word hierdie heilige liefde net so gevoed as wanneer `n mens op kole wat byna heeltemal uitgebrand het, goeie, dorre en baie maklik brandbare hout plaas.

[3.123.3] Die hout sal die stil gloed baie vinnig sover bring dat daar klein vlammetjies sal ontstaan. Hierdie vlammetjies sal dan weldra op die hout oorspring en dan ontvlam alles tot `n helder vuur en die hart word helder verlig en verkry nuwe lewenswarmte. Dan eers praat die daardeur gewekte God eenderse gees in die hart:

[3.123.4] 'O Jy my heilige Vader in die hemele! Jou Naam sal geheilig word! Laat Jou Vaderliefde kom na ons arme dooie en nagvolle sondaars! Jou enig heilige wil geskied hier op hierdie Jou aarde soos in al Jou hemele! As ons teen Jou ewige, heilige orde gesondig het, vergeef ons dan die dwaasheid en wees geduldig en toegewend met ons, soos ook ons met diegene geduld en begrip toon wat ons op die een of ander wyse onreg aangedoen het! Moet dit tog net nie toelaat dat ons in ons liggaamlike swakheid enigsins bo ons vermoë deur die wêreld en deur die duiwel versoek word nie, maar verlos Jy ons deur Jou groot genade, liefde en barmhartigheid van die duisendvoudige soorte kwaad waardeur ons liefde tot Jou, o heilige, groot, goeie Vader, vertroebel en verswak sou kan word! Maar as ons honger en dorstig is, sowel geestelik as liggaamlik, dan gee Jy, goeie, liewe Vader, vir ons wat ons volgens Jou heilige goeddunke daagliks nodig het! Aan Jou al my liefde, alle eer en alle lof vir ewig en ewig! {mt.06,09-13; lk.11,02-04; mk.11,25-26: jl.ev10.032,06**; jl.ev08.092,05-06*; jl.him1.293,08-294,17*; jl.ev11.338-339; jl.him2.160-168; jl.ev03.123,04; jl.ev01.076,02; jl.ev01.155,16-17; jl.ev08.140,04-08; jl.ev09.210,03; jl.rbl2.248,14; jl.bmar.179,01-03; LGeh.104; jl.KenZ.152; VatB.160}

Desktop Kommentaar