Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[2.137.16] Sê Ek: “Dit is vir jou, My allerliefste Jarah, nog veels te hoog! Maar van weë My besondere liefde vir jou, sal Ek nogtans vir jou iets sê: Sien, Ek kan wel alles sedert ewigheid af weet wat met ‘n mens sal gebeur, indien Ek dit wil; maar sodat die mens gedurende die jare van sy ryp wording, vry en ongehinderd kan optree, trek Ek vir ‘n bepaalde tyd My oë van hom af weg en neem geen kennis van sy vrye handelinge nie, behalwe hy vra vir My innig, om hom gedurende die vrye geveg met die wêreld by te staan. Dan sal Ek na hom kyk, sal hom op die regte pad help en sal hom by die geveg met die wêreld die nodige krag verleen. {mt.07,07-08; lk.11,09-10; jl.bmar.179,14; jl.ev01.145,04-05; jl.ev03.100,17; jl.ev05.267,03; jl.ev08.069,02; jl.ev08.108,11-14;}

Desktop Kommentaar