Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[10.42.5] Laat ons nou dus opgewek en vrolik wees; want alles wat die Heer wil, doen of toelaat, is so eindeloos goed, dat ons geen voorstelling daarvan het nie! Ons kan nou baie opgewek na ons huise gaan en `n goed toebereide oggendmaal tot ons neem, as, o Heer, dit vir U welgevallig is?”

[10.42.6] Ek sê: “Baie seker, want die dienare van ons herbergier het hulle uiterste bes gedoen om `n baie goeie oggendmaal vir ons klaar te maak; ook jou vrou en jou dogter het spoedig na die vertrek van die leerlinge na die vrou van die herbergier gegaan om daar navraag oor My te doen, en hulle het baie ywerig saamgewerk aan die voorbereiding van die oggendmaal. Ons kan dus nou wel opbreek en op ons gemak na die herberg gaan; maar laat ons via `n klein omweg buite die stad daarheen gaan, sodat ons in die stad nie deur te veel mense opgemerk word wat ons massaal sal volg nie!”

[10.42.7] Dit vind die kommandant baie goed, en ons slaan die voorgestelde weg in.

[10.42.8] Onderweg verwonder die leerlinge hulle oor die wysheid van die kommandant, en Simon Juda sê: “Dit is hom ook nie deur sy vlees en bloed gegee nie, maar die Heer - egter op één slag meer as aan ons, sedert ons by Hom was; maar die Heer sal goed weet waarom!”

[10.42.9] Ek sê: “Omdat hy My op één slag met meer tegemoet gekom het as julle, vandat julle by My was! Maar as My Gees julle harte met My verheerliking sal vervul, sal julle ook in alle wysheid binnegelei word!”

[10.42.10] Daarmee was My leerlinge ook tevrede en hulle word almal baie opgewek; want die woorde van die kommandant het `n goeie invloed op hulle gehad, wat daarna `n langer tyd by hulle aangehou het, maar natuurlik geleidelik weer aan krag verloor het.

[10.42.11] Nou bereik ons ons herberg, waar die leerling Judas Iskariot met enkele Judeërs in gesprek was. Toe hy ons in die oog kry, gaan hy die huis binne en laat die Judeërs staan; want die geur van die spyse het hom al baie erg aangetrek.

[10.42.12] Ook die Judeërs wil nou die huis binnegaan, maar die herbergier sê: “Vriende, julle ken die beperkte ruimte in my herberg; bly dus voorlopig hier in die voorplaas, en as julle iets wil hê, sal dit wel vir julle gebring word! As ons die oggendmaal genuttig het, sal daar nog wel tyd wees om julle versoek kenbaar te maak; maar laat ons tydens die maaltyd met rus!”

[10.42.13] Hierop bly die Judeërs in die voorplaas en laat hulle vir die betaling van ses pennings ietwat brood en wyn gee.

Desktop Kommentaar