Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[10.42.3] Vriende, as ek ook maar die geringste twyfel in myself daaroor kon laat opkom, sou daar deur my toedoen - aangesien ek kommandant van die eerste en hoogste rang is en alle volmag uit Rome het - reeds binne twee weke honderdduisend van die dapperste krygers voor die mure van Jerusalem laat staan, en binne enkele weke sou daar geen steen meer op die ander staan nie. Maar omdat die Heer in die goddelose stad eers nog die grootste wonder wil doen, is daar vir die verwoesting van die slegte stad altyd nog tyd genoeg; want as die mense na die grootste teken van die Heer, deur hulle slegte, maar tog vrye wil en as gevolg van hulle liefde vir die wêreld en hulle eieliefde, hulle tog nie sou bekeer nie, wat ook moontlik is, sal ons Romeine kom en hulle met die swaard `n baie ander evangelie verkondig, die evangelie van die ryk van die duiwel en al sy furieë! (helle Feë)

[10.42.4] Dan sal dit nie meer wees: “Die vrede sy met julle!” nie, maar: “Die dood kom oor julle, omdat julle die tyd waarin JaHWeH God julle Self persoonlik besoek het, nie wou herken nie!”

Desktop Kommentaar