Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Bowendien sal die Heer na drie dae weer in ons midde wees en ons vervul met Sy magtige Gees, en op die manier tot aan die einde van hierdie aarde by Syne bly; ek dink dus dat ons alle rede het om ons te verheug oor alles, wat Hy vir die moontlike heil van alle mense bepaal het en oor Hom laat kom. Want die dwase, wat vol blindheid sit, kan hulle in hulle dolle woede wel aan die liggaam van die Heer vergryp en Hom ook dood, as Hy dit Self ter verbetering van die blindes sal toelaat, daartoe genoodsaak deur Sy liefde vir ons mense; maar wie sal in staat wees om die ewige, almagtige Godheid in Sy liggaam te dood? Hy sal Sy verhewe liggaam weer tot lewe opwek, en op die derde dag sal Hy weer, net soos nou, by ons wees, sodat ons onsself buitengewoon kan verheug. – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 10, Hoofstuk 42, Paragraaf 2

Desktop Kommentaar