Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[10.42.10] Daarmee was My leerlinge ook tevrede en hulle word almal baie opgewek; want die woorde van die kommandant het `n goeie invloed op hulle gehad, wat daarna `n langer tyd by hulle aangehou het, maar natuurlik geleidelik weer aan krag verloor het.

[10.42.11] Nou bereik ons ons herberg, waar die leerling Judas Iskariot met enkele Judeërs in gesprek was. Toe hy ons in die oog kry, gaan hy die huis binne en laat die Judeërs staan; want die geur van die spyse het hom al baie erg aangetrek.

[10.42.12] Ook die Judeërs wil nou die huis binnegaan, maar die herbergier sê: “Vriende, julle ken die beperkte ruimte in my herberg; bly dus voorlopig hier in die voorplaas, en as julle iets wil hê, sal dit wel vir julle gebring word! As ons die oggendmaal genuttig het, sal daar nog wel tyd wees om julle versoek kenbaar te maak; maar laat ons tydens die maaltyd met rus!”

[10.42.13] Hierop bly die Judeërs in die voorplaas en laat hulle vir die betaling van ses pennings ietwat brood en wyn gee.

Desktop Kommentaar