Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Die kommandant troos die leerlinge

[10.42.1] Nou sê die kommandant, vir wie Ek ook netnou vertel het wat My binnekort in Jerusalem sou oorkom, en dat hy hom nie daaraan moes steur as hy daarvan sou hoor nie: “Vriende, ook ek weet nou wat julle harte treurig stem! Maar as dit die enigste middel is om die halsstarrigheid van baie ongelowiges in Jerusalem te breek en hulle siende en gelowig te maak, kan ek nie anders as ons Heer en Majesteit en God des te meer te loof, te prys en lief te hê nie; want so-iets kan alleen die hoogste en suiwerste liefde van God hom deur haar skepsels laat welgeval - ons menslike liefde sou dit nooit kan doen nie.

[10.42.2] Bowendien sal die Heer na drie dae weer in ons midde wees en ons vervul met Sy magtige Gees, en op die manier tot aan die einde van hierdie aarde by Syne bly; ek dink dus dat ons alle rede het om ons te verheug oor alles, wat Hy vir die moontlike heil van alle mense bepaal het en oor Hom laat kom. Want die dwase, wat vol blindheid sit, kan hulle in hulle dolle woede wel aan die liggaam van die Heer vergryp en Hom ook dood, as Hy dit Self ter verbetering van die blindes sal toelaat, daartoe genoodsaak deur Sy liefde vir ons mense; maar wie sal in staat wees om die ewige, almagtige Godheid in Sy liggaam te dood? Hy sal Sy verhewe liggaam weer tot lewe opwek, en op die derde dag sal Hy weer, net soos nou, by ons wees, sodat ons onsself buitengewoon kan verheug.

[10.42.3] Vriende, as ek ook maar die geringste twyfel in myself daaroor kon laat opkom, sou daar deur my toedoen - aangesien ek kommandant van die eerste en hoogste rang is en alle volmag uit Rome het - reeds binne twee weke honderdduisend van die dapperste krygers voor die mure van Jerusalem laat staan, en binne enkele weke sou daar geen steen meer op die ander staan nie. Maar omdat die Heer in die goddelose stad eers nog die grootste wonder wil doen, is daar vir die verwoesting van die slegte stad altyd nog tyd genoeg; want as die mense na die grootste teken van die Heer, deur hulle slegte, maar tog vrye wil en as gevolg van hulle liefde vir die wêreld en hulle eieliefde, hulle tog nie sou bekeer nie, wat ook moontlik is, sal ons Romeine kom en hulle met die swaard `n baie ander evangelie verkondig, die evangelie van die ryk van die duiwel en al sy furieë! (helle Feë)

Desktop Kommentaar