Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[10.41.19] Ek sê: Nou, nou, Ek sou dit wel vir julle gesê het, as Ek dit nie vooraf geweet het dat julle My sou soek en sekerlik sou vind nie! Bowendien het dit geeneen van julle kwaad gedoen dat Ek julle liefde vir My opnuut weer sterker gemaak het nie. Maar Ek het met hierdie nuwe vriend alleen iets te bespreek gehad en het dus ook alleen hierheen gewandel.

[10.41.20] Hierdie stad en haar omgewing sal in die tyd van die groot verdeemoediging van Jerusalem `n toevlugsoord word vir hulle wat in My glo, soos wat Ek julle al aangedui het, en daarom moet hier deur hierdie vriend, wat oor baie heidene gebied, nou al `n goeie basis gelê word vir `n stewige gemeente in My Naam. En hiermee weet julle nou ook waarom Ek met die kommandant alleen wil wees.

[10.41.21] Maar as My afwesigheid van slegs enkele oomblikke julle al so ongerus gemaak het, wat sal julle doen as Ek julle met My liggaam vir `n langer tyd sal verlaat?”

[10.41.22] Simon Juda sê weer: “Heer en Majesteit, ons weet goed wat U ons daarmee wil sê! As dit volgens U raadsbesluit so moet wees sal ons U afwesigheid, wat baie bedroewend vir ons sal wees, wel verdra in die hoop dat al die ander wat U ons daaroor onthul het, ook vas en seker in vervulling sal gaan. Maar dat nie een van ons die tyd nader wens nie, dit lees U self in ons harte! Maar alleen U wil geskied altyd!”

Desktop Kommentaar