Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[10.41.18] Almal was bly dat hulle My gevind het; slegs Simon Juda loop na My toe en sê met `n vriendelike gesig: “Maar Heer en Majesteit, kyk, ons was angstig en bedroef, omdat ons nie geweet het waar U hierdie oggend heengegaan het nie! As U ons maar iets daaroor sou gesê het, sou ons soos altyd dadelik saam met U gegaan het en ons onsself geen sorg om U hoef te gemaak het nie. Ons vra U om dit nie meer in hierdie vreemde omgewing aan ons te doen nie; maar as U volgens U wysheid êrens alleen wil heengaan, sê ons dat ons alleen moet bly; ons sal verseker nooit teen U heilige wil ingaan nie! Want kyk, ons het U bo alles lief, en daarom word ons ongerus as ons ook maar enkele oomblikke nie weet waar U is en wat U doen nie!”

[10.41.19] Ek sê: Nou, nou, Ek sou dit wel vir julle gesê het, as Ek dit nie vooraf geweet het dat julle My sou soek en sekerlik sou vind nie! Bowendien het dit geeneen van julle kwaad gedoen dat Ek julle liefde vir My opnuut weer sterker gemaak het nie. Maar Ek het met hierdie nuwe vriend alleen iets te bespreek gehad en het dus ook alleen hierheen gewandel.

Desktop Kommentaar