Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Almal was bly dat hulle My gevind het; slegs Simon Juda loop na My toe en sê met `n vriendelike gesig: “Maar Heer en Majesteit, kyk, ons was angstig en bedroef, omdat ons nie geweet het waar U hierdie oggend heengegaan het nie! As U ons maar iets daaroor sou gesê het, sou ons soos altyd dadelik saam met U gegaan het en ons onsself geen sorg om U hoef te gemaak het nie. Ons vra U om dit nie meer in hierdie vreemde omgewing aan ons te doen nie; maar as U volgens U wysheid êrens alleen wil heengaan, sê ons dat ons alleen moet bly; ons sal verseker nooit teen U heilige wil ingaan nie! Want kyk, ons het U bo alles lief, en daarom word ons ongerus as ons ook maar enkele oomblikke nie weet waar U is en wat U doen nie!” – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 10, Hoofstuk 41, Paragraaf 18

Desktop Kommentaar