Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[10.41.10] Die in huis geblewe leerlinge pleeg nog verder oorleg met mekaar oor wat hulle moes doen. Ten slotte stem hulle almal in met Jakobus en wou My gaan soek.

[10.41.11] Daar kom egter `n dienaar van die kommandant - maar nie die een wat My die oggend vroeg die huis van die kommandant verby sien gaan het nie, maar `n dienaar wat deur sy dogter gestuur was om navraag te doen na My en na die kommandant, of hy miskien by My was, aangesien hy so vroeg en so haastig die huis uitgegaan het. Maar hierdie dienaar kon van die leerlinge ook niks wyser word nie.

Desktop Kommentaar