Ek sê: “Maak jou nie daaroor bekommerd nie; want die wêreld is so deur My ingerig, dat alles hulle baie geleidelik aan moet ontplooi en ontwikkel! Kyk na die ontstaan van die dag, kyk na die ontwikkeling van die plante, die diere en ten slotte nog meer van die mense; dan sal jy maklik begryp om welke rede dit vir jou by jou eerste binnekoms in My ryk nie alles so duidelik kan wees as wat dit vir jou later sal word nie, wanneer My Gees hom meer en meer in jou sal uitbrei en jy in één oomblik meer sal inneem, en beter begryp as wat jy tot nou toe kon, deur jarelank te dink! Daaroor kan jy nou dus heeltemal gerus wees, omdat jy jou al op die beste weg bevind! Laat ons daarom nou verder na die taferele van die mooi oggend kyk!” – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 10, Hoofstuk 40, Paragraaf 19 |