[10.40.15] Goudomrande wolke swewe bokant die horison, waar, vanaf ons plek gesien, baie min berge was met `n hoogte van enige betekenis, omdat die land vanaf ons stad al gedeeltelik vlakker begin te word in die rigting van die verre Eufraat woestyne; maar daar was die opgang van die son des te mooier, omdat hy as’t ware vanuit `n diepte in bloedrooi kleure opstyg en in `n westelike rigting die hoë bergtoppe begin te kleur, wat die kommandant ook baie prys as `n pragtige skouspel van die natuur. [10.40.16] Tog vra hy My hoe Ek, wat tog elke oomblik oor alle eindelose en baie groter skoonhede van die hemel kon beskik, welbehae kon hê aan hierdie aardse natuurlike skoonhede.
|