Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Die Heer waarsku die rabbi

[10.38.1] Maar die ou rabbi, wat dit tot nou toe nog nie gewaag het om iets van die wyn te proe nie, kom na My toe en vra My toestemming om ook iets van die wonderwyn te mag proe.

[10.38.2] Ek sê: “Jy is weliswaar meer heidens as alle ander heidene, sonder om daaraan te dink dat niemand twee meesters kan dien wat mekaar se vyande is nie, omdat hy in die verborgene of die één of die ander vyandiggesind moet wees en daarby tog vir elkeen moet doen wat daar van hom verlang word. Of kan iemand God en die Mammon van die wêreld tegelyk dien? En tog het jy dit al vir `n lang tyd gedoen! Verander dus jou hart en drink van die wyn van die waarheid, sodat dit lig word in jou siel!”

Desktop Kommentaar