Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[10.37.9] Toe Veronica dit van My gehoor het, val sy voor My op haar knieë en sê: “O my goeie, liewe en goddelike Heiland, hoe kan ek, `n arme, sondige heidin, U dank vir die meer as groot en ewig onverdiende barmhartigheid wat U my bewys het, sodanig dat my dank U goddelike hart welgevallig kan wees?”

[10.37.10] Ek sê: “Staan maar op en kom naas My sit, en drink en eet - want daardeur sal jou hart en siel nog sterker word; daarna sal ons in alle liefde en tederheid van die hemele spreek oor die enigste dank wat vir My welgevallig is.”

Desktop Kommentaar