Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[10.37.15] Nou skink sy die beker vol en reik dit aan haar vader, wat tot nou toe nog niks van ons wyn beproef het nie; hy drink hom heeltemal leeg, kus toe die beker en sit dit, terwyl hy My bedank, weer voor sy dogter neer.

[10.37.16] Die kommandant verbaas hom oor die buitengewone kwaliteit van die wyn en sê ook, dat hy nou begin gewaarword dat hy `n siel het, wat `n ewige voortduur van die lewe in haar voel, en dat hy daarom buitengewoon bly was. Daarna drink ook sy vrou, sy ondergeskiktes en ten slotte die Griekse heidense herbergier.

[10.37.17] Toe hy die wyn beproef het, vra hy dadelik aan die Judese herbergier (die Griekse herbergier): Waar het jy hierdie wyn gekoop? Want solank as wat ek leef en self herbergier is het ek nooit so `n wyn beproef nie! Vir besondere gaste het ek, as hulle dit wens, tog ook baie goeie wyn in my kelder en het jou al herhaalde male daarmee gehelp, en jy kan nie sê dat ek jou nooit iets slegs aangebied het nie. Maar so `n wyn het ek nog nooit gehad nie. Waar kry jy dit vandaan? Sê dit my, sodat ek dit ook kan aanskaf!”

[10.37.18] Die Judese herbergier sê: “Vriend, dit sal jy waarskynlik nie kan kry nie; want dergelike wyn groei daar nie op die hele aarde nie! Het jy nie gehoor dat die groot Wonderheiland vir die dogter van ons regverdige kommandant gesê het waar hierdie wyn vandaan gekom het? Kyk, uit die hemele van God, egter nie die van julle fantasiegod Bacchus nie, maar uit die hemele van ons een en enige ware God, wie se afgesant baie verseker hierdie verhewe Wonderheiland is! So is dit en nie anders nie, en dit sal jou moeilik geval om vir jou geld in hierdie omgewing `n dergelike wyn te koop!”

[10.37.19] Die Griekse herbergier sê: “Hoe het jy daaraan gekom?”

[10.37.20] Die Judese herbergier sê: “Dit moet jy nie aan my, maar aan die groot Heer vra, vir wie alle dinge moontlik blyk te wees, en van wie ek nou ook glo wat die kommandant en sy dogter onder woorde gebring het. Spreek dus met die Heer; want ek as swak mens, wat nog vol geestelike blindheid en dwaasheid sit, weet niks en begryp niks!”

[10.37.21] Daarop swyg die Griekse herbergier.

Desktop Kommentaar