Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[10.37.10] Ek sê: “Staan maar op en kom naas My sit, en drink en eet - want daardeur sal jou hart en siel nog sterker word; daarna sal ons in alle liefde en tederheid van die hemele spreek oor die enigste dank wat vir My welgevallig is.”

[10.37.11] Hierop staan die buitengewone mooi Veronica op, sit die goue beker voor My neer en sê vol ontroering, maar tewens met Romeinse waaragtige erns: “O heerlikste van alle heerlikhede, Heer van alle meesters, Koning van alle konings, God van alle gode, versmaad die kleinood van my nie! Ek weet en voel in my siel dat dit U te onwaardig is; maar bedink dat dit `n hart is wat U liefhet en slegs deur U genees is, wat dit U aanbied, en versmaad dit daarom nie!”

Desktop Kommentaar