Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Die geneesde Veronica bedank die Heer

[10.37.1] Toe die kommandant dit uit My mond gehoor het, word hy buitengewoon opgewek en bly en stuur onmiddellik één van sy ondergeskiktes na sy huis. Hy tref die dogter weliswaar nog in haar siekbed aan, maar so volkome gesond, dat sy baie fris, lewenslustig en kerngesond daaruit sien en, omdat sy dit ook was, haar bed wil verlaat; maar haar moeder hou haar net daarvan af, omdat sy van mening was dat hierdie plotselinge beterskap `n laaste oplaai van die lewenskragte was, waarna `n bietjie plotselinge uitputting van alle lewenskragte sou volg en daarmee ook `n sekere dood.

[10.37.2] Die ondergeskikte vertel die moeder nou oor die ewe plotselinge genesing van die seun van die herbergier wat nou heeltemal sterk en gesond was. Slegs enkele oomblikke gelede het dieselfde wonderbaarlike magtige arts op die gelowige versoek van die kommandant ook haar dogter sonder enige geneesmiddel en alleen deur sy onbegryplike almagtige woord van al haar lyding genees.

[10.37.3] Hy sê dat die moeder dit moes glo en haar volkome gesonde dogter uit haar bed moes laat kom en haar onmiddellik na die Judese herbergier moes bring, waar die wonderbaarlike arts oorbly met enkele van sy metgeselle en ook die kommandant. Verder sê hy dat die dogter daar ietwat wyn en ook voedsel tot haar moes neem, om haar nog meer te versterk.

Desktop Kommentaar