Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Maar die kommandant bly by sy bewering, laat hom nie van wysie af bring nie en sê: “Sy begeleiers sal nooit in staat wees om Sy Woord en Sy Wil te versterk nie; want as mens so `n sieke genees soos die seun van die Judese herbergier, kan daar nooit iets bereik word deur `n bepaalde afspraak of deur `n geheime samewerking nie. Ons sou hier alles saam kan afspreek om ons wil vas daarop te rig dat my oudste dogter, wat al drie jaar in die bed lê met `n ongeneeslike siekte, gesond sal word, so sal ons niks daarmee bewerkstellig nie; maar as die Man dit heeltemal alleen sou wil, sal my dogter sekerlik baie gou net so gesond word soos die seun van hierdie herbergier!” – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 10, Hoofstuk 36, Paragraaf 6

Desktop Kommentaar