Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[10.36.15] Maar wat het ek daar gevind? Ek sê dit eerlik: Alles - behalwe dit wat ek soek, naamlik `n waarheid wat my oortuig en wat ek kan begryp.

[10.36.16] Die geloof in één of ook verskeie onsigbare goddelike wesens is oral goed aanwesig - maar hoe verskillend! Dit is nie nodig om hier die bykans eindelose doolhof weer te gee van al die bonatuurlike fantasieë van die mense met betrekking tot hulle godsbegrip en die voortlewe van die siel na die dood van die liggaam nie, maar dit gaan hier alleen om die egte lewensvraag: Welke leer bevat die waarheid? Het al die mense wat op verskillende maniere in baie gode glo gelyk, of hulle wat in één God glo?

[10.36.17] As ons na die wette van ons Romeinse reg kyk, wat andersins goed is, en derhalwe die mees dienstig is vir die voortbestaan van die gemeenskappe van mense en selfs volkere, lyk ook ons veelgodeleer, wat natuurlik baie vervorm is, maar uiteindelik tog die grondslag gevorm het vir ons wyse en so regverdig moontlike staatswette, en nog altyd die leer te wees wat die mees geldigste is. Maar die Judese leer van één God, wat baie ooreenkomste vertoon met die oer-Egiptiese leer, lyk tog om baie nader aan die groot lewenswaarheid te staan, hoewel dit nou onder die Judeërs baie sterker vervorm is as die van ons; want mense hoef maar met `n enigsins skerp blik na die uiters goddelose en gewetenlose doen en late van die Judese priesters in Jerusalem te kyk, om te sien en te erken dat dit baie dommer en slegter is as die van ons veelsoortige en verskillende priesters.

[10.36.18] U, goddelike wonderdoener, sal my sekerlik in `n paar woorde die korrekte lig van die waarheid kan gee!”

[10.36.19] Ek sê: “My vriend Pellagius, kommandant oor hierdie stad en drie ander stede, Abila, Golan en Afek! Ek het hoofsaaklik ter wille van jou hierheen gekom, omdat Ek goed weet dat jy al sedert byna dertig jaar ywerig na die waarheid gesoek het, maar tog nie in staat was om haar te vind nie.

[10.36.20] Maar omdat jy die waarheid gesoek het, soos maar weiniges van jou volk en rang, het Ek, die ewige Oerwaarheid Self, na jou toe gekom; in My het jy dan ook al die volle, heldere en suiwer waarheid gevind en My lig sal jou só deur en deur verlig, dat jyself nog `n lig vir baie ander sal word.

[10.36.21] Maar jou oudste dogter Veronica is siek, en geen arts kan haar help nie; as jy dit glo en wens, sal dit met haar beter gaan!”

[10.36.22] Heeltemal oorweldig van blydskap sê die kommandant: “Ja, Heer en Majesteit vol goddelike krag, ek glo dit, soos wat miskien maar sommiges in die hele Judese ryk, en wens ook as haar vader die genesing van my dogter uit alle krag; maar ek is nie waardig dat U, Heilige, onder my heidense dak kom om daar, my dogter wat al naby die dood staan, te genees nie.

[10.36.23] En dat ek die volste geloof skenk aan U woorde, bewys reeds die feit dat ek my nie verwonder het toe U, wat `n vreemdeling is en hierdie streek nog nooit besoek het nie, my naam ken, wat ek as bewys van eer van hierdie stad gekry en weet van my gesag oor die drie stede wat U ook nog noem en nou ook die naam van my siek dogter; want my gemoed sê my immers dat U `n God is en dat alles vir U moontlik is. Ek glo ook dat my dogter vas en verseker gesond sal word, as U ook maar één woord oor haar sal uitspreek!”

[10.36.24] Ek sê: “Waarlik, so `n geloof het Ek nog nie in die volk Israel aangetref nie! Dit geskied vir jou ook volgens jou geloof! Stuur nou iemand na jou huis en laat jou dogter, wat nou reeds gesond is, hierheen bring, sodat julle haar kan versterk met hierdie wyn en brood!”

Desktop Kommentaar