Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Die Heer en die Romeinse kommandant

[10.36.1] In die oggend vroeg was die herbergier die eerste op die been en reël alles vir die bereiding van `n goeie oggendmaal, waarna hy sy vrou, sy kinders en sy knegte en diensmaagde voluit aan die werk sit. Dadelik daarop staan ons ook op van ons russtoele en banke aan die tafel en gaan `n bietjie na buite; want vanuit hierdie stad het mens werklik `n pragtig uitsig oor `n groot deel van die mooi Jordaandal en oor die wye, breë en nog baie vrugbare hoogvlakte.

[10.36.2] Hierdie oggend verloop egter nie so rustig as die nag nie; want toe ons weer na die huis terugkeer vir die oggendmaal, tref ons voor die huis al baie van die volk aan, wat merendeels uit heidene bestaan. Die reeds genoemde kommandant, met nog enkele van sy ondergeskiktes, ontbreek nie en ewemin die ou rabbi.

[10.36.3] Almal doen naarstig navraag na die wonderbaarlike genesing van die seun wat aan jig gely het; hulle vertel dit soos wat dit gebeur het, waaroor almal hulle buitengewoon verbaas.

Desktop Kommentaar