Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Die aandete in die herberg

[10.35.1] Toe baie nou die welbekende seun van die herbergier sien, wat tevore so siek en nou volkome genees was, word selfs die heidene deur so `n vrees vir My aangegryp, dat hulle nie na My durf vra nie.

[10.35.2] En selfs `n Romeinse kommandant sê: “Agter hierdie arts en sy metgeselle moet hoëre wesens skuil; want so-iets het ons mense nog nooit sonder enige geneesmiddel kon bewerkstellig nie!”

[10.35.3] Ek bevind My, saam met My leerlinge, reeds in die herberg, en niemand van die baie, wat na die herberg gekom het, het My hierdie dag te siene gekry nie, te meer omdat dit tog al byna aand begin te word het.

[10.35.4] Toe die mense weer vol verbasing en vir `n deel ook vol vrees vir My na hulle huise gegaan het, kom die herbergier na ons toe en sê: “O groot Heer en Majesteit, alles sou nou pragtig, goed en in orde wees, as ek vir julle almal maar genoeg mondvoorraad besit het! Wyn het ek gladnie, maar ek sal in die Griekse herberg ietwat laat haal! Ek het wel ietwat koring- en garsbrood, en eweneens ietwat gerookte skaapvleis; as julle vir vandag daarmee tevrede sal wees, sal ek daarom baie bly wees. More sal daar, na my beste vermoë, beter vir alles gesorg word.”

Desktop Kommentaar