Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[10.244.6] Wanneer hulle egter menslike gemeenskappe vorm, wat hulle uit hoogmoed, heerssug en selfsug, asook uit traagheid met alle middele wat hulle ten dienste gestaan het, teen die goeie en ware verweer, dan is dit maklik te begryp dat sulke mense en die volk wat hul aanhang van dag tot dag dieper in die duisternis sal wegsak en dat hulle die manne, wat deur die Godheid gewek is, sal vervolg wat dit waag om hulle met die waarheid tegemoet te tree. En ek het die indruk dat dit by julle Judeërs nie net nou nie, maar al sedert baie lank betreurenswaardig genoeg so was, dat julle al die manne vervolg het wat weer by julle die ou goddelike waarhede wou ingevoer het.

Desktop Kommentaar