Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[10.122.4] Die herbergier, wat homself begin te verwonder oor My selfversekerdheid, sê; “Vriend, is jy ook `n Judese siener, dat jy bepaalde dinge so seker skyn te weet, waar jy op `n natuurlike manier nouliks daarvan op hoogte kon wees? Want julle het via Afek hierheen gekom en die stad lê op die berge wat die Jordaandal begrens, taamlik ver verby die plek waar die Jordaan uit die meer stroom; Betsaida lê nog by die berge waarvan die uitgestrekte uitlopers die oewer van die meer self vorm - en sodoende kan jy vanselfsprekend absoluut nie op natuurlike wyse geweet het hoe dit met my seuns gaan nie, wat op weg na hul huis is.

[10.122.5] Maar omdat jy my met groot selfversekerdheid oor hul toestand ingelig het, moet jy `n siener wees; maar as jy dit is, sê my dan, om my meer gerus te stel, hoeveel skape en bokke ek besit!”

Desktop Kommentaar