Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Die Heer onthul aan die herbergier die oorsaak van die uitstedigheid van sy drie seuns

[10.122.1] Ek stel die herbergier egter gerus en sê; “Wees maar nie bang daarvoor nie! Jou drie seuns sal via Betsaida binne `n uur hier aankom met `n ryk vrag; want hulle het hierdie keer soveel vis gevang dat hulle met hulle drie lasdiere dit ter nouernood kan vervoer. Maar in Betsaida het hulle by `n bekende nog twee lasdiere geleen, en nou gaan die vervoer van die baie goeie visse soveel vinniger.”

[10.122.2] Die herbergier, wat baie van die Judeërdom in hom gehad het, sê: “Die God van die Judeërs gee dat U die waarheid spreek!”

[10.122.3] Ek sê: “Vriend, as Ek nie baie seker sou weet dat dit so is nie, sou Ek dit ook nie vir jou gesê het nie, want by My staan die waarheid bo alles, en Ek is die grootste vyand van elke leuen!”

[10.122.4] Die herbergier, wat homself begin te verwonder oor My selfversekerdheid, sê; “Vriend, is jy ook `n Judese siener, dat jy bepaalde dinge so seker skyn te weet, waar jy op `n natuurlike manier nouliks daarvan op hoogte kon wees? Want julle het via Afek hierheen gekom en die stad lê op die berge wat die Jordaandal begrens, taamlik ver verby die plek waar die Jordaan uit die meer stroom; Betsaida lê nog by die berge waarvan die uitgestrekte uitlopers die oewer van die meer self vorm - en sodoende kan jy vanselfsprekend absoluut nie op natuurlike wyse geweet het hoe dit met my seuns gaan nie, wat op weg na hul huis is.

Desktop Kommentaar