Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Maar jou tuine se vrugte en wat jou kombuis opgelewer het, moet jy vir die grootbekke uit Sichar wat net afbrekende kritiek lewer en daar agter in die laan ronddrentel en van ergernis nie weet hoe om hulleself te help nie, omdat hulle nie tot die genooide gaste behoort nie, voorsit! Ek meen, dit sal nie vir jou enige kommer berei nie; want sien, indien Ek by iemand ‘n opregte wil sien, dan neem Ek sodanige wil onmiddelik as die voltooide daad aan! Maar by jou het Ek ‘n opregte wil opgemerk en het vir jou derhalwe van die groot uitgawe van jou werk bevry. Want Ek is ryker as jy en wil dus nie vir my deur jou laat versadig nie, maar Ek wil hê, dat jy deur My versadig moet word!” – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1, Hoofstuk 60, Paragraaf 7

Desktop Kommentaar