Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[1.60.6] Toe jy dit in jou gemoed besluit het, het ook Ek in die geheim iets besluit, en dit is, dat jy nou My gas, alhoewel in jou huis, en nie Ek jou gas sal wees nie! Ek het derhalwe vir My voortreflike dienaarskap ‘n opdrag gegee, en sien, alles is nou in die beste gereedheid, en jy sal vandag aan My sy met egte kos uit die hemel gevoed word!

[1.60.7] Maar jou tuine se vrugte en wat jou kombuis opgelewer het, moet jy vir die grootbekke uit Sichar wat net afbrekende kritiek lewer en daar agter in die laan ronddrentel en van ergernis nie weet hoe om hulleself te help nie, omdat hulle nie tot die genooide gaste behoort nie, voorsit! Ek meen, dit sal nie vir jou enige kommer berei nie; want sien, indien Ek by iemand ‘n opregte wil sien, dan neem Ek sodanige wil onmiddelik as die voltooide daad aan! Maar by jou het Ek ‘n opregte wil opgemerk en het vir jou derhalwe van die groot uitgawe van jou werk bevry. Want Ek is ryker as jy en wil dus nie vir my deur jou laat versadig nie, maar Ek wil hê, dat jy deur My versadig moet word!”

[1.60.8] Hier maak die handelaar groot oë en sê na ‘n rukkie van ‘n dieper nadenke: “Heer, dit is vir ‘n arme sondige mens te veel op een slag! Ek kan die wonderwerk in al sy grootte en diepte nie begryp nie! Indien jy net ‘n mens sou wees, net soos wat ek ‘n mens is, sou dit nie vir jou moontlik wees nie; want ek het geen kosdraers in jou geselskap opgemerk nie. Maar waarvandaan kon jy dan op ‘n natuurlike weg die kos geneem het?! Ek het ook voorheen ‘n paar van die mooiste dienaars - of altans dienaresse? - in jou geselskap opgemerk en sien hulle, presies dieselfdes nog steeds; maar waarvandaan het dan hulle gekom? Daar is baie kamers in my kasteel, en baie is uiters ruim; daar kan maklik tienduisend mense gehuisves word. Maar orals sien ek net daardie mooiste dienaars uit die vensters na ons afkyk! Ek vra dus weereens: Waarvandaan en wanneer het hulle gekom?”

Desktop Kommentaar