Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[1.60.10] Sê die handelaar: “Heer, dit is alles heeltemal volkome in orde; maar ek wil net weet, waarvandaan jy en al hierdie jou heerlikste dienaars gekom het. Ek is begerig om dit uit te vind.”

[1.60.11] Sê Ek: “Laat ons eers middagete geniet, en daar sal wel nog voldoende tyd wees, waartydens jy beter daaroor ingelig sal word. Maar vir eers het ons reeds genoeg gepraat, en dit is nou die regte tyd, om ‘n rus en versterking te neem. Laat ons dus in die groot saal gaan wat na die oggend van die kasteel geleë is en nie deur ons van hier af gesien kan word nie, omdat ons vir ons aan die aand se kant van die kasteel bevind, van waar die groot vleuel van die kasteel nie gesien kan word nie!”

[1.60.12] Hier raak die handelaar byna bewusteloos van al die verwondering en sê na ‘n rukkie van hoogste verbasing: “Heer, nou word die saak waarlik te dik wonderbaarlik vir my! Op ‘n tyd het daar wel ‘n oggendvleuel by hierdie kasteel van Esau bestaan, maar dit het sekerlik al bykans twee eeue in die verlede terug gerol, sedert daardie oggendvleuel nie meer bestaan nie; ek en my voorvaders weet skaars meer daarvan. Hoe praat jy dus van die groot saal in die oggendvleuel van hierdie kasteel?”

Desktop Kommentaar