Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[1.59.3] Jy kan daaruit sien, dat ek wel aan die armes dink; maar dat ek derhalwe die mees verhewe gees met ‘n versoek moet lastig val, dat Hy hetsy aards of net suiwer hemels gesien my geldelike rykdom moet bestuur, daarvan bly ek ver weg! Indien Hy iets wil doen en ook werklik reeds gedoen het, waaraan ek glad nie twyfel nie, staan dit in Sy hoogste vrye wil! Maar ek het vir Hom ‘n onbeperkte eerbied, sodat ek dit skaars waag, om vir Hom te dank, want dit wil vir my voorkom, dat ek deur sodanig materiële dank, waardeur ek vir Hom so te sê wys, dat ek glo, dat Hy vir my as ‘n handlanger kon gedien het, ‘n uiters groot oneer vir Hom sou aandoen. Ek leef en handel derhalwe as ‘n so ver as moontlik regverdige mens volgens die wet, met die kragte wat God aan my verleen het en bind nie die osse en esels se bekke toe nie, wanneer hulle my graan uittrap; alhoewel ek die groot Gees net op Sy dag eer! Want dit staan geskrewe: ‘Die naam van jou God moet jy nie ydel uitspreek nie!’”

[1.59.4] Sê Ek: “As Ek dit nie lankal sou geweet het nie, dat jy ‘n regverdige en bo alle mate godvresende man is, dan sou Ek nie na jou toe gekom het nie. Maar sien, dat jy vir Hom bang is, vir wie jy eintlike bo alles moet liefhê, is nie reg en billik van jou nie, en Ek het daarom na jou toe gekom, om vir jou te wys, hoe jy in toekoms vir God meer moet liefhê as vrees. Dan sal God Hom ook teenoor jou verwerdig en sal vir jou in alles ‘n versekerde, kragtigste en betroubare handlanger wees!”

Desktop Kommentaar