Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Sê Ek: “Laat die regte hantering van sake aan God die Here oor en gee vir hom, wat die Here na jou toe sal bring, en jy sal aan jou rykdom geen verlies ly nie! Het jy dan nie baie en groot landerye en grasvelde en tuine vol van vrugte en druiwe, en is jou uitgestrekte stalle nie vol van osse, koeie, kalwers en skape nie? Sien, deur die handel daarmee sal onder die seën van God vir jou in volle maat altyd alles weer terugbesorg word, wat jy gedurende die jaar aan die werklik armes uitgedeel het; maar wat jy in die opbrengsbanke van die rykes plaas, daarvoor sal jy van bo nooit weer vergoed word nie, en jy sal baie bekommernisse hê en altyd vir jou afvra, of die banke jou geld wel behoorlik bestuur. Doen dus, soos wat Ek dit vantevore vir jou gesê het, dan sal jy ‘n goeie en sorglose lewe hê, en al die armes sal vir jou lief wees en vir jou waar moontlik, seën en dien en die Vader in die hemel sal altyd jou doen en late seën; dit sal beter wees, as die aanhoudend groeiende bankbekommernisse!” – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1, Hoofstuk 58, Paragraaf 8

Desktop Kommentaar