Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[1.58.2] Sê Ek: “Doen, wat jy wil en kan; want om te gee is meer salig as om te neem! Maar in die vervolg gee net vir die behoeftiges en armes, en indien iemand van jou wil geld leen, maar hy is ryk, en jy kan sien dat hy dit ryklik aan jou sal terugbetaal, vir hom moet jy nie geld nie! Want as jy vir hom die geld geleen het, sal hy binnekort in die geheim jou vyand word, en jy sal ‘n probleem hê, om jou geld tesame met jou rente terug te kry.

[1.58.3] Maar as iemand wat arm is na jou toe kom, en jy dit kan sien, dat hy nie in staat sal wees, om ooit die geld terug te betaal nie, dan moet jy dit vir hom leen, en die Vader in die hemel sal dit vir jou honderdvoudig by ander geleenthede reeds op aarde terug betaal, en sal die geleende geld in die hemel tot ‘n groot skat laat groei, wat vir jou na hierdie aardse lewe in die hiernamaals hoog bokant die graf, sal wag.

[1.58.4] Ek sê vir jou: Wat die liefde op aarde doen, dit is ook in die hemel gedoen en bly vir ewig; maar wat die pure wêreldse verstandigheid doen, dit word deur die bodem van die aarde verslind, en vir die ewige hemel bly daar niks oor nie. Maar wat kan ook al die aardse skatte vir die mens beteken, indien sy siel daarby skade lei?!

[1.58.5] Maar wie vir die aarde en die vlees sorg, is ‘n dwaas; want soos die mens se vlees ‘n einde het, net so sal ook die aarde ‘n einde hê! Maar as op ‘n tyd die einde van die aarde sal kom, op watter bodem sal dan die siel ‘n woning neem?!

[1.58.6] Maar Ek sê vir jou, dat daar elke mens, as die liggaam van hom af weggeneem word, ook gelyktydig die aarde vir ewig verloor. En as hy in sy hart deur die liefde nie ‘n nuwe aarde geskep het nie, dan sal sy siel haarself aan die winde en wolke en mis moet prysgee en word in die ewige oneindigheid rondgedryf en sal nêrens enige verposing of rus vind nie, behalwe in valse en nietige beelde van haar eie fantasie, wat, hoe langer dit aanhou, voortdurend swakker, donkerder en ten slotte in die digste nag en duisternis oorgaan, waaruit die siel uit haarself beswaarlik ooit ‘n uitweg sal vind! Daarom kan jy ook in toekoms so maak, soos wat Ek dit nou vir jou gewys het; maar vir nou doen, soos wat jy wil en kan!”

[1.58.7] Sê die handelaar: “Jy is uiters wys en mag in alle dinge reg wees, maar met die geldlenery kan ek nie heeltemal saamstem nie. Want as jy reeds baie geld bymekaar gemaak het, en dit tog nie graag dood wil laat lê nie, is dit tog beter om dit teen ‘n matige rentekoers uit te leen, as om dit te begrawe, sodat die diewe dit nie van jou kan steel nie, indien hulle oor nag sou kom en die kaste en trommels oopbreek. ‘n Mens kan nog altyd van die oorvloed vir die armes gee, wat reg is; want as ek op ‘n slag alles gee en werkskaf nie verstandig met die rykdom nie, dan sal ek binnekort niks meer oor hê nie en vir die baie armes sal ek nie meer in staat wees om enige iets te gee nie.”

[1.58.8] Sê Ek: “Laat die regte hantering van sake aan God die Here oor en gee vir hom, wat die Here na jou toe sal bring, en jy sal aan jou rykdom geen verlies ly nie! Het jy dan nie baie en groot landerye en grasvelde en tuine vol van vrugte en druiwe, en is jou uitgestrekte stalle nie vol van osse, koeie, kalwers en skape nie? Sien, deur die handel daarmee sal onder die seën van God vir jou in volle maat altyd alles weer terugbesorg word, wat jy gedurende die jaar aan die werklik armes uitgedeel het; maar wat jy in die opbrengsbanke van die rykes plaas, daarvoor sal jy van bo nooit weer vergoed word nie, en jy sal baie bekommernisse hê en altyd vir jou afvra, of die banke jou geld wel behoorlik bestuur. Doen dus, soos wat Ek dit vantevore vir jou gesê het, dan sal jy ‘n goeie en sorglose lewe hê, en al die armes sal vir jou lief wees en vir jou waar moontlik, seën en dien en die Vader in die hemel sal altyd jou doen en late seën; dit sal beter wees, as die aanhoudend groeiende bankbekommernisse!”

Desktop Kommentaar