Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Hoofstuk 58

[1.58.1] Sê die handelaar: “Ek ken hulle, dit is harde Sichariete, wat met hulle geloof en denkvermoë meer heidene as kinders van Israel is. Maar die mees miserabele onder hulle is nogtans uit die omgewing van die Galilese Meer afkomstig; dit is pure dienaars van die materie en het van iets wat hoër en goddelik is geen wind meer nie! Suiwer spektakelhelde! ‘n Magiër uit Persië is vir hulle meer aanvaarbaar as Moses en al die profete, en ‘n aantreklike hoer uit Bo-Asië is vir hulle meer werd as goud en edelgesteentes! Ek ken hulle net te goed; maar om vir hulle hulle los bekke te stop, wil ek vir hulle in my groot tuinsaal versorg. Want as hulle niks sou kry nie, dan sou dit verby wees!”

[1.58.2] Sê Ek: “Doen, wat jy wil en kan; want om te gee is meer salig as om te neem! Maar in die vervolg gee net vir die behoeftiges en armes, en indien iemand van jou wil geld leen, maar hy is ryk, en jy kan sien dat hy dit ryklik aan jou sal terugbetaal, vir hom moet jy nie geld nie! Want as jy vir hom die geld geleen het, sal hy binnekort in die geheim jou vyand word, en jy sal ‘n probleem hê, om jou geld tesame met jou rente terug te kry.

[1.58.3] Maar as iemand wat arm is na jou toe kom, en jy dit kan sien, dat hy nie in staat sal wees, om ooit die geld terug te betaal nie, dan moet jy dit vir hom leen, en die Vader in die hemel sal dit vir jou honderdvoudig by ander geleenthede reeds op aarde terug betaal, en sal die geleende geld in die hemel tot ‘n groot skat laat groei, wat vir jou na hierdie aardse lewe in die hiernamaals hoog bokant die graf, sal wag.

[1.58.4] Ek sê vir jou: Wat die liefde op aarde doen, dit is ook in die hemel gedoen en bly vir ewig; maar wat die pure wêreldse verstandigheid doen, dit word deur die bodem van die aarde verslind, en vir die ewige hemel bly daar niks oor nie. Maar wat kan ook al die aardse skatte vir die mens beteken, indien sy siel daarby skade lei?!

[1.58.5] Maar wie vir die aarde en die vlees sorg, is ‘n dwaas; want soos die mens se vlees ‘n einde het, net so sal ook die aarde ‘n einde hê! Maar as op ‘n tyd die einde van die aarde sal kom, op watter bodem sal dan die siel ‘n woning neem?!

Desktop Kommentaar