Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Die handelaar sê: “Ek het hulle tot nou toe vir edelseuns van die Keiser en vir seuns van die patrisiërs van Rome gehou, ofskoon hulle volgens hulle fyn en wit vel en kleur eerder vermomde meisies uit Agterkleinasië kon wees. Want waarlik, alhoewel ek baie en besonder mooi dinge gesien het, aangesien ek in vroeëre tye met daardie soort ware in Egipte en Europa handel gedryf het, hoofsaaklik vir die baie hoog geplaasde Romeine in Sisilië wat ‘n besondere voorkeur het vir sodanige prikkeling; maar gestaltes van sodanig onuitspreeklike heerlike voorkoms, het ek nog nooit gesien nie! Sê tog vir my, waarvandaan en wie is hulle! Jou dogters is ook baie heerlik van gestalte! Maar in vergelyking met hulle - ‘n mens kan voeglik sê - stralende gestalte staan hulle tog by verre terug. Indien jy hulle van nader ken, dan sê dit vir my, wie en waarvandaan kom hulle!” – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1, Hoofstuk 57, Paragraaf 3

Desktop Kommentaar