Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Hoofstuk 5

Joh.01,19] En dit is die getuienis van Johannes, toe die Jode priester en leviete vanaf Jerusalem gestuur het, sodat hulle vir hom moes vra: “Wie is jy?”

[1.5.1] Hierdie vers stel bloot net ‘n uiterlike feitlikheid daar en het dus geen innerlike betekenis nie; net dit kan uit hierdie missie maklik afgelei word, dat die hoogheidsgevoel van die Jode in daardie tyd reeds begin het om aan te voel, dat die oerlig of die oerlewe van God vir die mense op aarde begin nader het en reeds op aarde moes wees, en hulle het bespiegel, dat hierdie oerlewe van alle lewe hom in Johannes sou bevind en hy dalk die beloofde Messias kon wees.

[1.5.2] Daarom het hulle ook, meer op grond van bogenoemde voorgevoel as deur die predikeroproep van Johannes, verkenners na hom toe gestuur, sodat hulle vir hom sou vra, wie hy was, of Christus, of Elia of ‘n ander profeet.

Joh.01,20] En hy het beken en het dit nie ontken nie, en het beken: “Ek is nie Christus nie.”

Joh.01,21] En hulle het vir hom gevra: “Wat dan? Is jy Elia?” En hy het gesê: “Ek is dit nie.” “Is jy ‘n profeet?” En hy het geantwoord: “Nee.”

[1.5.3] Maar die rede, waarom hulle vir Johannes gevra het, of hy hetsy Elia of ‘n ander nuwe profeet sou wees, was daarin geleë, omdat dit in hulle profetiese geskrifte gesê het, Elia sal voor die beloofde Messias kom en die hele Israel op die groot aankoms van die Messias voorberei! - Net so moes in daardie tyd ook ander profete opstaan, wat ook as boodskappers die Messias moes vooruitgeloop het. Die afgevaardigdes uit Jerusalem wat die skrif geken het, het dit wel geweet en het derhalwe vir Johannes daaroor uitgevra; maar die’ het beken, dat hy alles dit nie was nie.

Joh.01,22] Toe het hulle vir hom gesê: “Wat is jy dan? Sodat ons vir hulle wat vir ons gestuur het, kan antwoord gee. Wat sê jy van jouself?”

[1.5.4] En so moes hulle hom dan natuurlik verder uitvra, wie hy dan sou wees.

Joh.01,23] En hy het gesê: “Ek is ‘n stem van ‘n prediker in die woestyn: ‘Berei die weg van die Here!’, soos wat die Profeet Jesajas gesê het.”

[1.5.5] Waarop Johannes dan eers beken het, dat hy bloot ‘n roeper in die woestyn is en berei - volgens Jesajas se profesie - die weg vir die Here!

[1.5.6] ‘n Mens kan hier heel korrek vra, waarom Johannes dit in die woestyn gedoen het, waarvan ‘n mens tog kan veronderstel, dat daar tog net baie min mense in die woestyn sal woon; en dat dit baie meer gepas sou wees, om op sulke plekke die voorloper te maak, wat daar deur baie mense bewoon word. Wat kan die roep in ‘n dooie woestyn, al is dit die stem van ‘n nog so sterk roeper, van nut wees, waar die klank van die roep lankal reeds weggeraak het, nog voordat dit enige iemand se oor bereik het? En dring dit ook toevallig aan enige mens se oor, dan is dit nog lank nie vir ‘n saak voldoende nie, wat tog vir alle mense ‘n allerbelangrikste aangeleentheid is!

[1.5.7] Op hierdie vraag sal dit gesê wees, dat daar onder die uitdrukking ‘woestyn’ nie so seer die klein woestyn van Bethabara, wat anderkant die Jordaan geleë is, verstaan moet word nie, maar veel eerder die geestelike woestyn in die harte van die mense. Die woestyn van Bethabara, waar Johannes werklik geleef, gepredik en gedoop het, was net daarom gekies, sodat dit vir die mense as ‘n voorbeeld kon dien, hoe dit in hulle harte lyk, naamlik netso kaal, leeg, sonder edele vrugte, net vol dorings en sydissels, allerlei onkruid en vol van adders en ander verpeste gewurm; en in sodanige woestyn van die mense tree Johannes soos ‘n ontwaakte gewete, wat hy in ‘n suiwer geestelike betrekking ook voorstel, op en predik boete ter vergifnis van sondes en berei dus die weg vir die Here na die harte van mense wat heeltemal in ‘n woestyn verander het.

[1.5.8] Daar bly hier net nog een vraag oor, waarom Johannes homself nie as Elia of as ‘n profeet bekendgestel het nie, aangesien hy tog die een sowel ook die ander volgens My eie hoogs eie getuienis was, want Ekself het dit mos by ‘n skiklike geleentheid vir die Apostels sowel ook aan ander hoorders van My leringe reguit gesê: Johannes was Elia, wat voor My sal kom, as julle dit wil aanneem.

[1.5.9] Die rede van sodanige ontkenning is daarin geleë, dat Johannes homself in die hoedanigheid van sy nuwe amp, en nie volgens die ou bedeling nie toe sy gees vir Elia in sy tyd gegee was, beken het. Elia moes die Moloch straf en vernietig; maar Johannes moes die regte boete roep, en deur die doop met water die vergifnis van sondes toedeel en op daardie manier vir My die weg berei. En volgens sulke sy bedrywigheid het hy na homself verwys as net dit, wat hy in daad gedoen het.

Joh.01,24] En hulle wat gestuur was, was van die Fariseërs,

Joh.01,25] en het vir hom gevra en gesê: “Waarom doop jy dan, indien jy nie Christus, nóg Elia, nóg enige profeet is nie?”

[1.5.10] Maar aangesien hy nogtans gedoop het, wat andersins net vir die priesters en die daarvoor geroepe profete toegelaat was, het die priesters en leviete wat deur die jaloerse Fariseërs gestuur was gevra, waarom hy dan die mense doop, aangesien hy nóg die een nóg die ander een was.

Joh.01,26] Johannes het vir hulle geantwoord en gesê: “Ek doop met water; maar hy het midde onder julle getree, vir wie julle nie ken nie.”

[1.5.11] Maar Johannes sê: “Ek doop net met water, dit beteken, ek was net en is net ‘n skoonmaker van harte wat onrein geword het, vir die waardige ontvangs van die Een, wat so te sê lankal reeds in julle midde teenwoordig is, maar wat julle as gevolg van julle blindheid nie ken nie!”

[1.5.12] Hier word ook almal wat vir My, die Here, uiterlik soek deur die navorsers daargestel, wat oor lande en seë trek en vir al die wyses vra: “Waar is Christus, wanneer en waar kom Hy?” - Die ware een, wat in die middel van hulle harte ‘n woonplek vir Hom opgerig het, en wat net daar gevind kan word, (O - sulke dwase soekers) vir Hom soek hulle nie, en die allerminste daar, waar Hy enig en alleen gesoek en gevind kan word!

Joh.01,27] “Dit is hy, wat na my sal kom, wat voor my reeds daar was, en ek is dit nie werd, om die rieme van sy skoene los te maak nie.”

[1.5.13] Kyk net na die mees nederige getuienis wat Johannes voor die priesters en leviete afgelê het, aangesien hy wel geweet het, Wie in Christus die aarde betree het; maar daaraan het die hoogwêreldwyse priesterskap hom nie veel gesteur nie! Hierdie allerwarste getuienis van Johannes het hulle nie gepla nie; want hulle wou nie ‘n nederige, arm en glanslose Messias hê nie, maar een, vir wie almal van skrik en angs moes terugdeins!

[1.5.14] Die Messias moes by die eerste verskyning - natuurlik nêrens anders as in Jerusalem - linea recta (regstreeks) sigbaar met meer as die son se glans vurig stralend, deur miljarde engele begelei, uit die hemel afkom en net in die tempel woning neem, alle destydse potentate ophef en vernietig, - en moes die Jode daarop onmiddelik onsterflik maak, vir hulle al die geld van die aarde laat toekom, ten minste etlike honderde berge wat oorbodig blyk te wees met ‘n groot geraas in die see slinger en daarby ook die arme vuil gespuis onmiddelik veroordeel! Dan sou hulle aan Hom geglo het en ook gesê het: “Here, Jy is verskriklik sterk en magtig, alles moet diep voor Jou buig en in die stof gaan lê, en die hoëpriester is nie waardig, om jou skoene se rieme los te maak nie.”

[1.5.15] Maar Christus het heeltemal arm en klein en op die oog af swak na die aarde gekom, het vir dertig jaar (behalwe vir sy twaalfde lewensjaar) geen teken voor die oë van die grotes verrig nie, maar het swaar gewerk, was saam met Josef ‘n timmerman en het Hom naderhand ook nog met die gemene proletariaat bemoei; hoe kon in die oë van die trotse en hoogwyse Jode dit die so lank verwagte Messias wees? “Weg met sodanige godslasteraar, met sodanige magiër, wat sy dade net met die hulp van die opperhoof van alle duiwels uitvoer! Sodanig mees gemene, meer as eikehout growwe en skurwe timmermansleerling, wat iewers met die hulp van die Satan geleer het om te toor, kaalvoet rondloop en met die allerhondgemene gespuis bevriend is, saam met hulle rondtrek, hoere aanneem en openlik met bekende sondaars eet en drink en sodoende deur sy doen en late klaarblyklik met die wet in teenstryd is, hy moet Christus die beloofde Messias wees?! - Nee, nooit en te nimmer sal sodanige godslasterlike idee in ons wees nie!”

[1.5.16] Dit was die oordeel van die hoë en wyse Jode oor My tydens My volle vleeslike teenwoordigheid op aarde; en op een haar presies dieselfde oordeel bestaan nog tot op hierdie uur by miljoene oor My, wat van ‘n sagmoedige, verwerdigende God wat Sy woord hou, deurgaans niks wil hoor nie!

[1.5.17] Hulle God moet eerstens hoog bokant alle sterre woon en van alle eindelose verhewenheid byna glad nie bestaan nie; dinge wat meer gering is as ‘n son, mag Hy glad nie skep nie, as Hy ‘n waardige God wil wees! Tweedens mag Hy onder geen omstandighede enige en allermins ‘n menslike gestalte aanneem nie, maar bloot net enige onbegryplike onding wees!

[1.5.18] Derdens mag, indien Christus tog God kon wees, Hy Sy lewendige innerlike woord net aan kundige mense, net sekere sosiëteite, konsilies, buitengewone piëtiste, selote wat met die sogenaamde stralekrans omsluit is en volmaakte deughelde meedeel, en sal sodanig gelukkige mens ook onmiddelik met die mag voorsien om berge te kan versit; andersins is daar suiwer niks met die goddelike mededeling en openbaring van Christus nie!

[1.5.19] Aan ‘n leek of selfs ‘n sondaar maag die Here Jesus Hom glad nie openbaar nie; want in sodanige geval is die openbaring dan reeds onder verdenking en sal net soos Ek Myself nie deur die hoë Jode aangeneem word nie, omdat Ek voor hulle trotse en roemsugtige oë veels te min goddelik eerbaar opgetree het; maar dit maak nie saak nie! Net die getuienis van Johannes is geldig!

Joh.01,28] Dit het by Bethabara gebeur, anderkant die Jordaan, waar Johannes gedoop het.

[1.5.20] Die wêreld bly altyd dieselfde en is aaneen die woestyn te Bethabara, waar Johannes sy getuienis gegee het. - Maar ook Ek bly altyd gelyk aan My en verskyn altyd by die mense ter onderdrukking van hulle hoogmoed en ter verlewendiging van die ware nederigheid en liefde altyd so, soos Ek aan die Jode verskyn het. Goed vir almal, wat vir My so erken en aanneem, soos wat Johannes vir My erken en aangeneem het luidens sy getuienis, wat hy oor My voor die oë en ore van die trotse priesters en leviete uit Jerusalem ten spyte van hulle groot ergernis, gegee het!

Joh.01,29] Die volgende dag het Johannes vir Jesus na Hom toe sien aankom, en sê: “Sien, dit is God se Lam, wat die wêreld se sondes dra!”

[1.5.21] Die volgende dag, toe die spioene nog altyd in Bethara teenwoordig was en allerlei navrae oor wat daardie Johannes alles doen en waaruit hoofsaaklik sy preke bestaan het, gedoen het, het hy nog eenmaal van My getuig, en dit by die bekende geleentheid, toe Ek uit die woestyn na hom toe gekom het, en vir hom gevra het, dat hy vir My met water van die rivier moet doop.

[1.5.22] Reeds toe Ek vir hom genader het, het hy die leier van die verkenners, wat oornag dit wat hy die vorige dag van Johannes verneem het, noemenswaardig oorweeg het, op My attent gemaak en het gesê: “Sien, Hy wat daar kom, is die Lam van God, wat alle swakhede van die mens op Sy skouers geplaas het, sodat die mense, wat vir hom sal opneem, ‘n nuwe lewe uit Hom sal neem en in hulleself die mag sal hê, om uit sodanig nuwe lewe kinders van God genoem te word; want Jehova kom nóg in die storm, nóg in die vuur, maar net in ‘n sagte gewaai kom Hy.”

Joh.01,30] “Dit is hy, van wie ek gesê het: ‘Na my kom ‘n man, wat voor my was, want hy was voor my daar.’”

[1.5.23] Johannes herhaal hier nog ‘n keer, wat hy reeds die vorige dag vir die verkenners oor My getuig het, en het enersyds van My getuig, dat Ek nes ‘n spieël van ware en noodsaaklike nederigheid van die mens na die mens toe kom en in sodanige nederigheid getuig, dat Ek vir die mens in sy swakheid te hulp kom, maar nie in hulle vermeende krag, wat hulle natuurlik nooit nie besit het nie; andersyds getuig Johannes ook, dat die Lam van God soos deur hom uitgewys, Hy is, wat voor alle bestaan reeds daar was; want die uitdrukking ‘Hy was voor my’ sê die volgende: Johannes - wat sy hoë gees vir ‘n oomblik in homself erken het - gee dit aan die verkenners te kenne, dat, ofskoon ook in hom dieselfde oergees van dieselfde geaardheid en samestelling woon, hy nogtans net uit die oergrondgees, wat alleen in daardie Lam woon, en nie vanuit eie mag nie, maar allenig vanuit die mag van daardie oergrondgees, in ‘n vrye en ten volle selfstandige bestaan uitgeplaas was; met sodanige uitplasing, aangesien dit ‘n werklike werksdaad van die oergrondgees was, het dan ook ‘n eerste tydsperiode begin, en daar voor hierdie eerste tydsperiode niks in die hele oneindigheid bestaan het nie, behalwe alleen die oergrondgees Jehova, en dat dit juis presies dieselfde is, as daardie Lam van God wat Hom sigbaar voor hulle bevind en wat deur Johannes gedoop wil word.

Desktop Kommentaar