Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Joh.01,11] Hy het in sy eiendom gekom; en sy eie het hom nie aangeneem nie.

[1.2.7] Dus nie die aarde, soos hierbo genoem, maar net die mense volgens hulle siel-geestelike waarde, moet hier as die eintlike eiendom van die Here beskou word, en daarom ook eiendom genoem word, omdat hulle as sulks self ‘n oerlig uit My ewige oerlig is en sodoende met My oergrondwese as een bymekaar val.

[1.2.8] Maar aangesien hulle in juis daardie wese, wat hom in hulle as die hoogheidsgevoel uitspreek, verswak het, op grond van watter swakheid Ek ook na hulle as My eiendom gekom het en nog steeds voortaan kom, het hulle nie vir My, nóg hulleself en ook nie hulle hoogs eie oergrondbestaan erken nie, wat daar nooit vernietig kan word nie, omdat dit in die grond van gronde My wese is.

Joh.01,12] Almal wat Hom aangeneem het en aan Sy naam glo, het Hy die mag gegee om kinders van God te word,

[1.2.9] Dit is so goed soos vanselfsprekend, dat by almal wat nie vir My aangeneem het nie of nie herken het nie, die oerorde versteur gebly het en met daardie versteuring ‘n lydende toestand, die sogenaamde ‘euwel’ of die ‘sonde’ gebly het; terwyl baie ander egter, wat vir My aangeneem het, dit beteken diegene wat vir My in hulle harte herken het, daardie euwel noodwendig moes verdwyn, aangesien hulle saam met My as die oerorde en oermag van alle bestaan verenig het, en vir hulleself en My oerlig soos dit vir hulle in hulle gegee was en gevolglik die ewige, onvernietigbare lewe, daarin gevind het.

Desktop Kommentaar