Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[1.2.10] In sodanige lewe het hulle ook gevind, dat hulle daardeur noodwendig nie net My skepsels, soos wat dit uit hulle lae lewensgevoel na vore kom, is nie, maar, omdat hulle Myself, wat net deur My wilsmag vry buite Myself uitgeplaas was, in hulle berg, onfeilbaar My hoogs eie kinders is, aangesien hulle lig (hulle geloof) gelykstaande is aan My hoogs eie oerlig en derhalwe in hulleself die volle mag en krag het, wat in Myself is, en vanuit sodanige mag ook die volste reg het, om nie net My kind genoem te word nie, maar dit ook in alle volheid is!

[1.2.11] Want die geloof is juis daardie lig, en My naam, aan wie die magtige strale van hierdie lig gerig is, is die krag en die mag en die eintlike wese van My oerbestaan, waardeur elkeen in homself die volregtelike en volgeldige kindskap van God bewerkstellig. Daarom dit dan ook in die 12de vers sê, dat almal, wat vir My aanneem en aan My naam sal glo, die mag in hulle sal hê, om volregtelik ‘kinders van God’ genoem te word!

Joh.01,13] sonder dat hulle deur die bloed nóg deur die wil van die vlees, nóg deur die wil van ‘n man nie, maar deur God gebore is.

[1.2.12] Hierdie vers is niks anders as ‘n nadere bepaling en verduideliking van die vroeëre vers, en daar kon in ‘n meer samehangende taal die twee verse langsmekaar soos volg lees: Maar hulle wat Hom aangeneem het en aan Sy naam glo, vir hulle het Hy die mag gegee, om ‘kinders van God’ genoem te word, wat nie deur die bloed, nóg deur die wil van die vlees (begeerte van die vlees), nóg deur die wil van ‘n man, maar deur God gebore is.

[1.2.13] Dit is vanselfsprekend, dat hier nie van die eerste geboorte naamlik vlees uit die vlees nie, maar bloot net van ‘n tweede geboorte uit die gees van die liefde vir God en uit die waarheid van die lewendige geloof aan die lewendige naam van God, wat daar heet Jesus-Jehova-Zebaoth, sprake kan wees, waar die’ tweede geboorte ook goed gedefinieer ‘die wedergeboorte van die gees deur die doop vanuit die hemel’ genoem word.

[1.2.14] Maar die ‘doop uit die hemel’ is die volle oorgang van die gees en die siel saam met al haar begeertes, na die lewendige gees van die liefde vir God en die liefde in God Self.

[1.2.15] As sodanige oorgang eers eenmaal uit die mens se vryste wil geskied het en alle liefde van die mens hom nou in God bevind, dan bevind ook deur sulke heilige liefde die hele mens hom in God en word daar in tyd na ‘n nuwe wese omvorm, versterk en gesterk en dus na die bereiking van die regte volrypheid deur God wedergebore; na sodanige tweede geboorte, wat nóg deur die begeerte van die vlees, nóg deur die man se voortplantingsdrang voorafgegaan word, is die mens eers ‘n ware kind van God, wat hy deur die genade, wat daar ‘n vrye mag deur die liefde vir God in die hart van die mens is, geword het.

[1.2.16] Daardie genade is dan ook juis die magtige trek van God in die gees van die mens, waardeur hy, die seun wat na die Vader getrek is, dit beteken na die goddelike oerlig, of wat dieselfde is, by die regte en lewendige magtige wysheid in God kan uitkom.

Desktop Kommentaar