Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Hoofstuk 198

[1.198.1] (Die Here) “Moet nooit iemand iets belowe, wat julle nie kan hou nie of - nog slegter - vanuit sekere redes nie wil nakom nie, indien julle werklik God se kinders wil word; waarlik, Ek sê vir julle, die ergste is ‘n belofte, wat nie nagekom word nie!

[1.198.2] Wie daar vloek, die sondig in homself en doen die meeste skade aan homself; wie ontug dryf, die begrawe sy siel in die oordeel van die vlees en skaad weer homself; maar die euwel van die euwel is die leuen!

[1.198.3] As jy vir iemand iets belowe het, en daar kom omstandighede, wat dit vir jou onmoontlik maak om die belofte te hou, gaan onmiddelik sonder versuim na hom toe, aan wie jy die belofte gemaak het, en verduidelik met die beste hart aan hom, wat met jou gebeur het, sodat hy in daardie geval betyds ander weë en middele kan neem, om hom uit sy nood te bevry!

[1.198.4] Wee egter elkeen, wat beloftes maak en dit nie nakom nie, al was hy in staat om dit te kon nakom; want hy skep daardeur ‘n omvattend euwel; want hy wat op die belofte staat maak, kan nie sy plig nakom nie, en hulle wat op hom staat maak, se hande word ook gebind, en sodoende kan sodanige ontroue belofte vir duisende die grootste verleentheid en droefheid berei, en derhalwe is ‘n belofte wat nie nagekom word, die mees teenoorgestelde van die naasteliefde en sodoende die grootste euwel!

[1.198.5] Dit is beter om ‘n harde hart te hê, omdat sodanige hart niemand met enige belofte bedrieg nie, en as jy weet dat jy van die hardhartige niks kan verwag nie, dan gebruik ‘n mens ander middele om die orde instand te hou. Maar indien iemand iets verwag omdat dit aan hom belowe was, dan doen hy nie moeite om ander weë en middele te gebruik nie, en wanneer dan die tyd kom, waar die persoon aan wie die belofte gemaak is sy sake wil orden, en die een wat die belofte gemaak het, laat hom in die steek en sê nie vooraf vir hom, dat hy sy belofte op grond van ‘n sekere rede, wat natuurlik volwaar moet wees, nie kan nakom nie, dan is sodanige beloftemaker gelykstaande aan die Satan, wat ook vir die mens van die begin af deur sy profete die mees glansende beloftes gemaak het, maar nog nooit een nagekom het nie en daardeur tallose mense in die grootste ellende gedompel het!

[1.198.6] Daarom wees veral op julle hoede om nie beloftes te maak nie, wat julle nie kan nakom nie, en wat nog baie erger sou wees, vanuit watter rede ook al nie wil nakom nie; want dit is die gesindheid van die opperste van die duiwels.”

[1.198.7] Wees liefdevol en geregtig in alle dinge; want die regverdiges sal op ‘n dag in hulle Vader se huis lig soos die son op die mees helder middag! {mt.14,43; Dan.12,03}

[1.198.8] Ek wil nog ‘n paar gelykenisse van die hemelryk vir julle gee:

[1.198.9] Die hemelryk is ook soos ‘n verborge skat in ‘n akker, wat iemand gevind het, en omdat die skat groot en swaar was en hy dit nie huis toe kon dra nie, aangesien dit nog ver tot by die huis was, het hy die skat gedurende die nag in die volgende akker begrawe, het daarop vol van blydskap huis toe gegaan, het alles tuis verkoop en het teen enige prys die’ akker gekoop, aangesien die skat in die akker baie duisend keer meer werd was, as wat hy vir die akker betaal het, en hy kon nou, nadat die akker sy eiendom was, die skat uit die grond haal, en niemand kon meer sy besitting by hom strydig maak nie. Hy kon nou die skat rustig na sy nuwe huis neem, wat hy saam met die akker gekoop het, en het dit nou nie meer nodig gehad om in die sweet van sy aangesig vir sy onderhoud te werk nie; want hy het nou deur die skat die grootste oorvloed gehad om van te lewe. - Verstaan julle hierdie gelykenis?” {mt.13,44; mt.19,29; lk.14,33; phil.03,07}

[1.198.10] Sê die dissipels: “Ja Here, hierdie gelykenis is duidelik; want diegene wat Jou woord verneem het, vergelyk met hom wat die skat gevind het, en die akker is die mens se nog wêreldse hart, wat hulle deur die nakoming van Jou woord eers geestelik as hulle eiendom moet koop, sodat Jou woord in die hart hulle volle eiendom word en hulle dan alle goeie dinge vir hulleself en hulle broers kan skep!”

[1.198.11] Sê Ek: “Julle het die gelykenis goed begryp; want so staan dit met die ware hemelryk. - Maar luister nou na ‘n ander beeld!”

Desktop Kommentaar