Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[1.196.15] Sê Kisjonah: “Dit, liewe vriend, weet ek baie goed; maar net die manier en wyse, hoe so iets moontlik is, is dit waaroor ek ‘n klein wenk wil hê. Jy moet tog ‘n beweging maak!? Maar hoe vinnig en seker moet die’ nie wees nie! Want ‘n weerlig is klaarblyklik ‘n slakkepas in vergelyking daarmee! A, a, ek kan glad nie meer daaraan dink nie! As jy vir al dit ten minste net eenhonderd oomblikke tyd sou gebruik het, dan sou die saak nog begryplik kon wees; maar so - alles dit sonder enige merkbare tydsverloop, en daarby nog in die grootste oorde te verrig, is dit wat vir my uit my gewone denkvermoë lig en ek nou van al die eerbied en bewondering dit skaars waag om asem te haal!”

[1.196.16] Sê Ek vir Kisjonah: “Nou vriend, is jy met jou verwondering nog nie klaar nie? Ek meen, ons moet nou eers aan tafel gaan sit, die aandete inneem en daarna die verdere punte van die almag van God en die’ se mees beslissende liefde en wysheid bespreek!”

[1.196.17] Sê Kisjonah: “Here, vergewe my! Van al die verwondering oor verwondering sou ek byna vergeet het, waarom die spyse en drinkgoed op die tafels staan; daarom vra ek vir Jou en almal wat saam met Jou is, om julle plekke by die tafels in te neem! Maar waarheen het Jou liggaam se moeder, Maria, en Jou susters gegaan, sodat ek hulle vir die aandete kan gaan haal?”

[1.196.18] Sê Ek: “Vra eers waar jou vrou en dogters is! Waar hulle is, daar is ook die goeie Maria met die dogters van Josef, wat My aardse pleegvader was. Hulle is nou met mekaar voluit besig, sodat hulle vandag nog alles kan bekyk, waarvoor hulle natuurlik ook môre, oormôre en nog langer tyd sou hê! Ons jong en flukse dienaar sal hulle wel almal hiernatoe bring, en jy hoef jou nie oor hulle te bekommer nie!”

Desktop Kommentaar