Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Kisjonah gaan nou na die voorradekamers en kry alles in die beste orde; al die groot voorrade van melk, kaas en botter was op die bepaalde plekke korrek gestoor, waarna hy na die skure gaan en sien dat hulle vol is; want ook die ryp koring wat op die land gestaan het, was ingebring. Daarna gaan hy na die groot stalle waar die beeste, skape en esels was en sien dat alles op die beste manier georden was! Daarop gaan hy na sy groot ampshuis, kyk na sy boeke en vind orals die beste ordelikheid en kyk ook na die geldkiste en sien dat hulle almal vol was; daarop haas hy hom na die groot kookhuis en gewaar dat daar alles in die regte hoeveelheid en keuse klaar gekook was en vra die kokke, hoe alles gebeur het. Maar hulle kon niks anders vir hom sê nie behalwe: “Daar het ‘n mooi jongeling in die kombuis gekom en het gesê: ‘Plaas die verskillende spyse in die skottels; want alles is reeds op die beste manier voorberei!’ Ons het daarop die spyse ondersoek, en dit was so, soos wat die jongeling wat ons reeds weer verlaat het, gesê het dit sal wees. Proe self sie spyse, en jy sal vind dat dit so is!” – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1, Hoofstuk 196, Paragraaf 1

Desktop Kommentaar