Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Hoofstuk 196

[1.196.1] Kisjonah gaan nou na die voorradekamers en kry alles in die beste orde; al die groot voorrade van melk, kaas en botter was op die bepaalde plekke korrek gestoor, waarna hy na die skure gaan en sien dat hulle vol is; want ook die ryp koring wat op die land gestaan het, was ingebring. Daarna gaan hy na die groot stalle waar die beeste, skape en esels was en sien dat alles op die beste manier georden was! Daarop gaan hy na sy groot ampshuis, kyk na sy boeke en vind orals die beste ordelikheid en kyk ook na die geldkiste en sien dat hulle almal vol was; daarop haas hy hom na die groot kookhuis en gewaar dat daar alles in die regte hoeveelheid en keuse klaar gekook was en vra die kokke, hoe alles gebeur het. Maar hulle kon niks anders vir hom sê nie behalwe: “Daar het ‘n mooi jongeling in die kombuis gekom en het gesê: ‘Plaas die verskillende spyse in die skottels; want alles is reeds op die beste manier voorberei!’ Ons het daarop die spyse ondersoek, en dit was so, soos wat die jongeling wat ons reeds weer verlaat het, gesê het dit sal wees. Proe self sie spyse, en jy sal vind dat dit so is!”

[1.196.2] Kisjonah proe die kos en stel vas dat sy kokke die reine waarheid gepraat het. Dan gaan hy weer na die groot kamer waar Ek was en die jongeling vra hom: “Wel, Kisjonah, is jy tevrede met my?”

[1.196.3] Sê Kisjonah: “Daar het al ‘n groot aantal wonderbaarlike dinge in my huis gebeur; ek kon dit nie anders begryp nie, as wat ek dit vir my in my hart hardop moes sê: By God is alle dinge moontlik! Maar dit is tog die mees onbegryplike ding! Om ‘n werk binne een oomblik te kan verrig wat andersins ‘n volle dag van harde werk in beslag sou neem, maar deur die magtige hand van ‘n mens wat met die goddelike gees van God vervul is, soos gesê, binne een oomblik verrig word, dit is begryplik; maar hoe daar honderd verskillende werkstake op verskeie plekke wat ver vanmekaar geleë is, deur een mens in een en dieselfde oomblik verrig kan word, dit is ‘n heel ander saak en is van die kant van ‘n sterflike mens, ten spyte van al sy skerp insig en verstandelike vermoëns , deurgaans nie begrypbaar nie, en ek kan weereens niks anders sê nie as net dit: Here wees my arme sondaar genadig en barmhartig; want ek is dit nie werd, dat Jy onder my dak woning neem nie!”

Desktop Kommentaar