Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Joh. 01,02] Dieselfde was in die begin by God.

[1.1.9] Indien nou die eerste vers voldoende belig is, en deur elkeen met ‘n bietjie lig maklik begryp kan word, verduidelik die tweede vers hom vanself en bevestig ter getuienis, dat die bogenoemde woord of lig of die groot skeppingsidee nie mettertyd in die oergodwese onstaan het nie, maar saam met God as God Self ewig is en dus nooit enige ontstaanproses gehad het nie, waarom dit dan ook so te sê as ‘n bevestigende getuienis sê: Dieselfde was in die begin of in die oergrond van alle bestaan en alle latere wording as oergrond self by, in en uit God, dit wil sê dit was deur en deur God Self.

Joh. 01,03] Alle dinge is deur dieselfde gemaak, en sonder dieselfde is niks gemaak nie wat gemaak is.

[1.1.10] In hierdie vers word net weer so te sê tasbaar bevestig, wat daar in die eerste vers as die ‘woord’ of die ‘lig’ in die oergrond van alle bestaan en wording ten volle teenwoordig, maar nog nie as reeds uitgeplaas bewerkstellig, duidelik daargestel was.

[1.1.11] Hierdie derde vers as rein weergegee lui soos volg: Alle bestaan het uit hierdie oerbestaan, wat in Homself deur en deur die ewige oergrond van Sy bestaan is, ontstaan. Daardie bestaan se lig, woord en wil het Sy hoogs eie lig, Sy oerewige skeppingsidee uit Homself in ‘n vaste aanskoulike bestaan geplaas, en daar is niks in die hele ewige oneindigheid, wat nie uit dieselfde oergrond en op dieselfde weg ‘n sigbare en aanskoulike bestaan verkry het nie.

Desktop Kommentaar