Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[1.1.4] Na hierdie noodsaaklike vooraf herinnering volg nou die verduideliking; Ek wil net nog dit daarby voeg en sê, dat hier net die innerlike, siels-geestelike betekenis verstaan moet word, maar nie ook die mees innerlike, reinste hemelse betekenis nie. Hierdie is te heilig en kan vir die wêreld net vir hulle op ‘n onskadelike manier gegee word, wat dit deur hulle lewenswandel volgens die woord van die Evangelie soek. Maar die bloot innerlike, siels-geestelike betekenis kan maklik gevind word, soms reeds deur die korrekte tyd aangepasde ooreenkomstige vertaling, wat binnekort tydens die verduideliking van die eerste vers duidelik sal word.

[1.1.5] Baie onkorrek en wat die innerlike betekenis baie verhul, is die uitdrukking ‘In die begin’; want daardeur kon selfs die Godheid se ewige bestaan betwis en in twyfel getrek word, wat ook deur sommige ouer wêreldwyses gedoen is, uit wie se skool die godverloënaars van hierdie tyd in werklikheid voortgegaan het. Maar as ons nou hierdie teks korrek sal weergee, dan sal die omhulsel net baie dun verskyn, en dit sal nie moeilik wees, om die innerlike betekenis deur sodanig maklike omhulsel baie noukeurig en soms ook baie presies waar te neem.

[1.1.6] Maar so lui die regte vertaling: In die oergrond, of ook in die grondoorsaak (van alle bestaan), was die lig (die groot heilige skeppingsgedagte, die werklik bestaande idee). Daardie lig was nie net in, maar ook by God, wat beteken dat die lig as werklik aanskoulik uit God getree het en was dus sodoende nie net in, maar ook by God en het so te sê die oergoddelike bestaan omvloei, waardeur reeds die fondament vir die toekomstige menswording van God gelê was, wat in die daaropvolgende tekste heeltemal vanself duidelik sal word.

Desktop Kommentaar